Genoeg is genoeg

Soms moet ons net sê genoeg
Van te veel dinge doen, sjoe, moeg geploeg
Dit is moeilik, want ons wil als doen
Tyd, ja, tyd is nooit genoeg om ons te versoen

So baie dinge wat moet gebeur
Voor ons ons oë uitvee is ons die lewe deur
Dis te erg om so te lewe
en daar is net Een wat ons kan vergewe 

Vergewe, ja, want tyd is wat ons steel
Ons moet eerder net met Hom als deel
hy IS tyd, sonder dat dit opraak
Ai, wat kan ons ooit sonder Hom maak 

Nee, vandag moet ons besluit
Hoe gaan ons van hier voor uit
Sonder dat ons te veel swoeg
Besluit net… genoeg is genoeg

Posted in Gedigte | Leave a comment

Nuwe Reën

Ag, hoe hou ek van die reën
So vars, ‘n nuwe asem, ‘n nuwe kans
Soos die druppels wispelturig rond dans
Wat is beter as dit, ek meen

‘n Vars asem na als so droog
Soos ‘n nuwe lewe, kan sommer nou oor begin
Kan nou als van voor af besin
selfs die blomme staan weer met hulle koppe om hoog

Laat my dink aan God se belofte
‘n reenboog gaan kom
Jesus gaan weer kom
Dit gee my hoop, hierdie gelofte

Loof die Heer Hy is goed
Hy gee nuwe lewe, Hy gee reen
‘n Vars asem, wat is beter as dit ek meen
Die nuwe reën, dit gee my moed

Posted in Gedigte | Leave a comment

Back to Basics {Afrikaans}

So, wat beteken dit om ‘n Christen te wees? Is dit genoeg om te se ek glo in God, en ek glo wat die Bybel se? Of is dit goed genoeg om op Facebook in te vul by geloof “Christen” net omdat jy nie ‘n ander geloof is nie?

Ons sien so baie mense wat se hulle is Christen, en dan tog nogsteeds aangaan met hulle gewone lewe van sonde, so asof ons nie werkilik besef wat die impak van ons dade is nie (Titus 3:5).

Sonde is die hoof rede hoekom ons, wat se ons is Christene, nie vir die res van die wereld lyk soos Christene nie (1 Johannes 1:15-17). Nee, ons is nie veronderstel om perfek te wees nie, maar ons moet probeer verander, met die hulp van die Heilige Gees en te danke aan Jesus wat aan die kruis gesterf het, om weg te draai van ons sondes en dit dan nie te doen nie. Sonde is die duiwel se manier om ons blind te maak, om n houvas (Handelinge 5:3) op ons te he deur skuld gevoelens, gevoels van ‘nie goed genoeg wees nie’, en trots.

Wanneer ons Jesus aanneem as ons verlosser (Johannes 3:3; Johannes 3:7; 1 Petrus 1:23), en God as ons Abba Vader, dan ontvang ons die krag van die Heilige Gees om weg te draai van ons sondes in ‘n lewe van eer, liefde bewondering van God. Met Sy hulp kan ons hierdie hou vas wat die duiwel op ons het, breek en los kom van die boeie, MAAR ons moet darem so bietjie baklei daarvoor. Ongelukkig is dit nie net so maklik om te se ek Çhristen los my uit, nie. Dit verg moeite, belangstelling, en dankbaarheid vir wat Hy vir ons gedoen het, om aan die oorwinningskant te staan (Romeine 12:2).

Ons kan nie aangaan sonder om te vernader nie, sonder om aangeraak te wees deur Hom elke dag nie (Romeine 12:2). As ons nie vernader nie, is die probleem by ons. God het reeds Sy deel gedoen en Hy belowe in die Woord dat Hy ons nooit sal verlaat nie (Josua 1:5b, Isa 49:15), dat Hy ons sal nader wanneer ons Hom nader (James 4:8). Dit beteken dat Hy wil he ons moet moeite doen om Hom te leer ken. Ons doen so maklik moeite om vriende, familie en natuurlik ons gade te leer ken, maar ons vergeet soms dat ons ook moet tyd in sit met God. Al hoe n verhouding groei (Openbaring 3:20, Johannes 6:40, Hebr 11:6), beter word, herstel, en versterk is deur tyd saam te spandeer; verhouding!!

Ons kan nie wag tot ons “reg” is om ons lewe te wy aan Hom nie

(1 Johannes 1:9-10). Ons kan nie wag dat dinge in ons lewe verander voor ons aan Hom oorgee nie. Dit is die punt van Christus Jesus se dood…Hy het gesterf vir ons juis omdat ons nie “reg” is nie, juis omdat daar veraltyd nog goed gaan wees om uit te sorteer. Die Woord se, “work out your own salvation with fear and trembling…”, dit beteken dat ons ook nie vir ander mense kan wag voor ons ons saak reg maak nie. Ons kan dit nie doen sonder Hom nie. Ons kan niks vernader sonder Sy hulp en leiding nie.

Daar is nie n stel reels wat ons voorse hoe ons met God moet verhouding bou nie, maar daar is baie riglyne oor hoe ons dit kan doen. Ons mag kreatief wees, net soos ons sal wees met vriende, byvoorbeeld. Ons kuier tog nie elke keer op dieselfde plek, en eet dieselfde kos nie, nee, ons gaan verken, proe, ruik, sien en voel nuwe dinge. Dit is presies hoe ons met God kan wees, opgewonde oor wat ons volgende saam kan geniet. Hy WIL deel wees van ALS in ons lewens… gaan ons Hom toelaat?

Hy smag na verhouding met ons. Hy wil he ons moet verlief wees op Hom!

The meaning of the word Christian:

The definition according to one dictionary is:

Adjective

  1. 
Of, relating to, or professing Christianity or its teachings. “The Christian

Church”

Noun

  1. 
A person who has received Christian baptism or is a believer in Jesus Christ and his teachings.

While the bible “define” the meaning of Christian as “Followers of Jesus Christ” or belonging to the party of Christ” (Acts 11:26; 26:28; 1 Peter 4:16). Followers of Jesus Christ were first called “Christians” in Antioch (Acts 11:26) because their behavior, activity, and speech were like Christ.

Kern woorde van Christenskap:

  • Liefde
  • Verhouding
  • Tyd
  • Kameraadskap
  • Hoop
  • Geloof
  • Vrede
  • En nog baie meer
Posted in Uncategorized | Tagged , , , , | Leave a comment

Experience of someone in bondage.

He has the opportunities to decide to come out, but his flesh is too weak. He needed to spend more time in the Word, but misses a few crucial times were he did other things that he thought was important. He thought that he will spend time with God later, but he never had the chance to that day. He fell in sin! Now he had to deal with the condemnation over his life. The condemnation that the devil throws at him every day, in order for him to struggle and fall many times while he is trying to get back to the Lord. If he only took the chance that he had to get out of the situations. There were many opportunities were he could get out, without effort and he could have walked away. Now it’s too late…

Only God can get him out of his eternal damnation. Only God can save! That is why God sent His son. That is why Jesus died on the cross. That is why Jesus had to bear our sin. That is why there is grace!

We need to trust, believe and have faith. We need relationship with God!

Posted in Uncategorized | 1 Comment